Category: Schools

Hoërskool Riebeeckrand interne redenaarskompetisie

Hoërskool Riebeeckrand Hoërskool Riebeeckrand het op 5 en 7 Februarie hul jaarlikse interne redenaarkompetisie gehou. Die leerders het voorgeskrewe onderwerpe gehad waaroor hul toesprake moes handel. Die beoordelaars en gehoor was vir ure vermaak deur die talentvolle leerders en hul insiggewende en interessante toesprake. Van dié deelnemers gaan eersdaags aan die ATKV-redenaarkompetisie deelneem en later die jaar gaan ons onderskeie grade se spanredenaars aan die Radikale redenaarkompetisie, NEA en RACA deelneem. Die top 3 wenners van elke graad, tydens die interne redenaarkompetisie, is soos volg: Graad 8: Rick van den Berg (1), Abigail Lombard (2) en Meghan Kelly (3). Graad...

Riebeeckrand beloon harde werk

Hoërskool Riebeeckrand Op 31 Januarie het Riebeeckrand erkenning vir hulle leerders gegee vir al hul harde werk gedurende 2018. Akademie is die hoogste prioriteit by Riebeeckrand. Leerders ontvang topgehalte onderrig, en akademiese struikelblokke word oorkom deur ekstraklasse wat gratis aangebied word en tegnologiese toerusting soos visualiseerders, dataprojektors en interaktiewe witborde wat die onderrig-leerproses vergemaklik. Die akademiese prysuitdeling is ‘n glansgeleentheid waar leerders erkenning kry vir hul harde werk. Leerders wat in 2018 in gr.8 -11 was, het sertifikate, balkies, erekleure, lourierkleure en trofeë ontvang as beloning vir hul harde werk. Die grade se Akademiese Top 10 was ook tydens dié...