Category: Books

FOKUS Dr Gerald Erasmus

Dr Gerald Erasmus Hierdie opvoedkundige en taalkundige bring ’n ryke verskeidenheid vaardighede, gebaseer op bykans 37 jaar se beroepsondervinding, na die werksomgewing van sy keuse. Hy is akademies hoogs gekwalifiseerd en beskik oor ’n wye reeks tegniese vaardighede wat betrekking het op bestuur en projekimplementering. Na ’n suksesvolle loopbaan as onderwyser, universiteitsdosent en direkteur by NRO’s, is hy in Januarie 2003 deur ’n Koeweitse Maatskappy, International Turnkey Systems, gekontrakteer as kurrikuleerder en opleier by hulle projek by die Islamitiese Ontwikkelingsbank in Jeddah, Saoedi-Arabië. Na die suksesvolle voltooiing van die projek in April 2004, is hy in Mei 2004 deur Sanlam...

West Rand Pawn John Kukard

Al die persoonlikhede en menslike dinge wat plaasgevind het in West Rand Pawn wat geleë was in Krugersdorp-Wes moes net gedeel word met al ons mense. Die goudmyne in die omgewing het gesorg vir ekonomiese vooruitgang. Winkels, kafees, ingenieurswerke van alle beroepe het werk verskaf aan talle mense. By West Rand Pawn kon ‘n mens ook kerse, sigarette, meel, klere, gereedskap, paraffien, fietse, asook onderdele vir fietse, en Lennon se medisyne koop. Natuurlik kon jy in slegte tye iets verpand vir geld teen twintig persent rente per maand. ‘’Ietsie gaan afsit’’ soos my seun, Wernher, sê! Mense kan ook die...